Die invloed van die spraakbenadering van onderwys vir dowe kinders op die maatskaplike funksionering van die dowe

dc.contributor.authorHeyns, Mimi
dc.date.accessioned2026-03-04T15:09:36Z
dc.date.issued1982
dc.description.abstractFrom Introduction: Gehoor speel 'n belangrike rol in die leerproses, in aanpassing by die omgewing asook in aanpassing by sosiale omstandighede. Gehoorverlies plaas die individu in 'n situasie van vereensaming, veroorsaak deur 'n beperktheid in kommunikasievermoë. (Roux, 1979:1) Dr Roux, Direkteur van Gesondheidsdienste van die Departement van Gesondheid, Welsyn en Pensioene, het tydens die Goue Jubileum-Kongres van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Dowes daarop gewys dat gehoorverlies vandag meer Amerikaners affekteer as hartsiektes, kanker, blindheid, tuberkulose, veneriese siektes, sklerose en niersiektes tesame. (Roux, 1979:1) In Suid-Afrika word beraam dat 0,06% van aIle babas totaal doof gebore word en dat die aantal persone met ernstige gehoorprobleme, volgens die skatting van die Departement van Gesondheid, Welsyn en Pensioene, 65 000 beloop. Hierdie getal sluit Swartes uit. (Roux, 1979:1) ... Die probleem van doofheid is kompleks en soms so ingewikkeld dat dit te betwyfel is of die horende individu die omvang daarvan begryp en insig in die situasie van die dowe kan ontwikkel. Empatie met die dowe en begrip vir sy leefwêreld is vir die horende persoon problematies. 'n Wêreld sonder klank is moeilik om te visualiseer en 'n wêreld sonder taal lê buite die begripsvermoë van die horende. Daar bestaan op velerlei gebiede verwarring ten opsigte van die dowe. Die horende persoon besef gewoonlik dat daar 'n eiesoortige wêreld van ervaring en denke vir die dowe is anders as die van die horende, maar begrip vir die omvang van die andersheid van die dowe ontbreek.
dc.description.degreeMaster's thesis
dc.description.degreeMSocSc
dc.format.extent201 pages
dc.format.mimetypeapplication/pdf
dc.identifier.otherhttp://hdl.handle.net/10962/d1006881
dc.identifier.urihttps://researchrepository.ru.ac.za/handle/123456789/7949
dc.languageAfrikaans
dc.publisherRhodes University, Faculty of Humanities, Department of Social Work
dc.rightsHeyns, Mimi
dc.subjectDeaf children -- Education -- South Africa
dc.subjectDeaf -- Means of communication
dc.subjectDeaf children -- Language
dc.subjectDeaf children -- Family relationships
dc.subjectDeafness -- Social aspects
dc.subjectDeafness -- Psychological aspects
dc.subjectSociolinguistics
dc.subjectSign language acquisition
dc.subjectDeaf -- Government policy -- South Africa
dc.subjectDeaf -- Social conditions -- South Africa
dc.subjectSelf-perception
dc.subjectIdentity (Psychology)
dc.titleDie invloed van die spraakbenadering van onderwys vir dowe kinders op die maatskaplike funksionering van die dowe
dc.typeAcademic thesis

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Die_invloed_van_die_spraakbenadering_van_onderwys__vital_3284.pdf
Size:
24.24 MB
Format:
Adobe Portable Document Format