Die nywerheidsopleiding van vakleerlinge en hulle relatiewe invloed op die besetting van die arbeidsmark oor die afgelope tien jaar, met inbegrip van die toepaslike aspekte op die grensgebied
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Rhodes University, Faculty of Commerce, Department of Economics
Abstract
In hierdie verhandeling sal die nywerheidsopleiding van die Vakleerling ondersoek word. Dit sal beide die teoretiese sowel as die praktiese opleiding dek asook die verskil in opleiding in die verskillende vertakkinge van die nywerheidslewe. Die vakleerling verskyn ook as arbeidsgroep op die arbeidsmark waanmee daar deeglik rekening gehou moet word. Nou sal gepoog word om vas te stel watter invloed die vakleerling as ‘n arbeidsgroep op die arbeidsmark het . Dit sal verskil van een soort onderneming tot ‘n ander, na gelang van die spesifieke aard van sy werkverrigtinge, die produksie of die diens wat hy lewer. Daarom sal dit ‘n veranderlike invloed in die verskillende rigtings op die arbeidsmark toon, wat op sy beurt weer beinvloed sal word deur die vraag na en die aanbod van vakleerlinge. Met die verskyning van die vakleerling op die arbeidstoneel, verander dit die stelsel van indiensneming, asook die verhouding van die arbeidsgroepe, veral waar die vakleerling die gebied betree waar daar on behoefte bestaan vir gespesialiseerde kennis of vaardigheid. Daar sal bepaal word tot watter mate die verskillende ondernemings of bedryre, personeel benodig met ‘n tegniese of gespesialiseerde kennis en waar sekere vaardigheid vereis word, veral in die vervaardigingsbedrywe wat op produksie ingestel is, asook sekere diens-bedrewe soos in die ingenieursrigtings waar tegniese kennis en doeltreffende vaardigheid noodsaaklik is. Die vakleerling vervul in hierdie behoefte in die besetting van die arbeidsmark, waar hy nadat hy sy opleiding voltooi het en sy vaktoets geslaag het, hy dan oorbeweeg na die geledere van die geskoolde ambagsman. Daar sal ook gepoog word om vas te stel watter tendense en neigings daar in die nywerheidsopleiding van vakleerlinge oor die afgelope tien jaar plaasgevind het. Was daar enige veranderinge in die vakleerlingskapkontrak, veranderinge in opleiding, tydperke, vergoeding, toelatingsvereistes ens. wat ‘n merkbare invloed op die vraag na en die aanbod van vakleerlinge gehad het? Ten slotte sal daar gepoog word om aan die hand van gegewens en inligting, enige riglyne vas te stel of gevolgtrekkings te maak, wat kan help om te bepaal of daar enige behoeftes of knelpunte bestaan, en hoe dit moontlik verlig of georganiseer kan word sodat die opleiding van vakleerlinge vir die arbeidsmark optimaal aangewend kan word.