'n Ondersoek na aspekte van die verhouding tussen betrokkenheid en universaliteit in die literatuur

dc.contributor.advisorBrink, AndreÌ P (AndreÌ Philippus), 1935-2015
dc.contributor.authorWeideman, George, 1947-2008
dc.date.accessioned2026-03-04T14:34:43Z
dc.date.issued1982
dc.description.abstractVoorwoord: In die loop van hierdie studie word dit op enkele plekke duidelik gestel dat die littérature engagée nie beperk is tot die engere "politiek" nie, en dat 'n teks met 'n religieuse tema of 'n teks waarin maatskaplike wantoestande aan die lig gebring word, ook engagé kan wees. Die politiek laat hom egter as magsfaktor oor so 'n wye gebied geld dat nuanserings nie altyd moontlik is nie; 'n teks met 'n oorwegend "religieuse tema" kan politieke implikasies hê. Dit bring verder mee dat selfs 'n teks of 'n bundel waarin géén politieke verwysing voorkom nie, na 'n polities-gemotiveerde keuse teruggevoer word. Die kern van die saak is dat 'n teks tot hierdie subgenre gereken kan word slegs wanneer dit minder of meer uitdruklik kontesteer, of die klimaat skep vir kontestering, wat meebring dat 'n imperatief tot verandering in die teks aanwesig moet wees. Hierdie appél tot verandering rig hom in die beduidendste werke van die genre verbý die partypolitiek, rig hom tot die mens wat (met of sonder sy keuse) onderhewig is aan politieke gebeure. Kontestering (verset) impl iseer ook meebelewing, solidariteit en vereenselwiging. Dit is die oogmerk van hierdie studie om na te gaan hoe aspekte van hierdie vereenselwiging die engagement en die universele waarheid as temamoment en selfs as struktuurfaktor in homself kan verenig. Vanweë die omvang van die teoretiese inset van die studie word tekste in hoofsaak eksemplaries gebruik - déégliker struktulrele analises waarin die estetiese steeds sáám met die die maatskaplik-etiese dimensie ondersoek word, verg 'n afsonderlike studie.
dc.description.degreeDoctoral thesis
dc.description.degreePhD
dc.format.extent706 pages
dc.format.mimetypeapplication/pdf
dc.identifier.otherhttp://hdl.handle.net/10962/d1003723
dc.identifier.urihttps://researchrepository.ru.ac.za/handle/123456789/7309
dc.languageAfrikaans
dc.publisherRhodes University, Faculty of Humanities, School of Languages
dc.rightsWeideman, George, 1947-2008
dc.subjectPolitics and literature
dc.subjectComparative literature
dc.title'n Ondersoek na aspekte van die verhouding tussen betrokkenheid en universaliteit in die literatuur
dc.typeAcademic thesis

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
n_Ondersoek_na_aspekte_van_die_verhouding_tussen_b_vital_3604.pdf
Size:
83.55 MB
Format:
Adobe Portable Document Format