Skoolvoorligting in die primêreskool met spesifieke verwysing na druiping van intelligente leerlinge in Kaapland
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Rhodes University, Faculty of Education, Department of Education
Abstract
Die doelstellings van onderwys in die primereskool maak o.a. voorsiening vir al die behoeftes van leerlinge. Om die doel te bereik is dit nood saaklik dat alle moontlike middele en dienste benut word. Skoolvoorligting maak 'n noodsaaklike deel uit van die spektrum van voorsiening. Skoolvoorligting is nie iets nuut wat van buite op die skool afgedruk word nie, maar vorm 'n integrale deel van gesonde onderwyspraktyk. Die gevaar bestaan dat skoolvoorligting sy invloed kan verloor ten koste van 'n meer a kademiesgerigte leerplan. In die lig hiervan is dit nodig om te bepaal wat die aard en doel van skoolvoorligting in die primereskool is (Introduction, p. 8)